Posted by: benvd | 29 November 2008

Welkom by die Blog vir die Sinode in KwaZulu-Natal

Welkom by hierdie Blog. Die bedoeling is om ‘n platvorm daar te stel vir die bespreking van aktuele kerklike sake wat vir gemeentes van waarde sal wees.

Vir onderwerpe wat jy graag wil bespreek, los ‘n wenk by ‘comments’ en ons sal ‘n onderwerp open. Stuur ‘n inleidende artikel wat die gesprek sal stimuleer aan Ben van Dyk vir plasing.

Sekere sake sal ‘n openbare debat wees, maar ander meer sensitiewe sake sal met ‘n wagwoord beskerm word en net sekere persone sal toegang hê.

Advertisements
Posted by: benvd | 9 November 2011

Notule van NMG – 1 November 2011

Notas oor die byeenkoms van die Missionale Gemeentes op Dinsdag 1 November 2011 vanaf 09h30 by die NG Hayfields se kerkgebou, Pietermaritzburg

1.  Opening

Die byeenkoms begin met ‘n wandel in die Woord uit Handelinge 11:19-30.  Iets wat ons vir die toekoms as ‘n tema kan onthou is Botha se opmerking dat die “Diakonaat” baie sterk in die akademie in Europa funksioneer.  ‘n Gesprek oor die Diakonaat en Missionaal kan baie goed is.  Die vraag is of die twe begrippe gelyk is aan mekaar.  Nadat heelwat interessante temas vanuit die teks aangeraak is, word daar deur Gawie voorgegaan met gebed. 

1.1  Teenwoordig

Barry Tolmay                Krantzkloof

Frans Klopper               Suidkus

Gert Kok                       Bergville

Willie Pieters                 Winterton

Mike Heaney                 Margate

Botha van Aarde           Sinode

Ben van Dyk                 Sinode

Gawie van Jaarsveld    Bergsig

Rupert de Koning          Meerensee

Tertius Naude                Meerensee

1.2                 Verskonings:

Theo Human                 Pinetown

Marlise Müller               Pinetown

Pieter Lourens               Richardsbaai

Frikkie van der Merwe  Bergsig

2. Gesprek oor Patrick Keiffert se boek:  “Ons is nou hier”:volgende 

Ben van Dyk lei ons in ‘n baie sinvolle gesprek.  Ons het so lekker gesels dat ons op die ou end net oor die eerste twee hoofstukke kon praat.  Die volgende opmerkings oor die verloop van die gesprek:

2.1         Die groot winspunt van die boek is dat dit nie werk met vooropgestelde planne nie.  Ons moet eerder praat van ‘n reis waarvan ons nie werklik weet waar die eindbestemming is nie.  Elke individuele gemeente is met ‘n eie unieke reis besig.

2.2         Die titel van die boek word baie goed in hoofstuk 1 verduidelik.  Ons gesprekke in gemeentes handel baie keer oor ‘n ideale situasie en neem nie die gemeente se eie unieke situasie in ag nie.  Kortliks die volgende opmerkings:

_    Die bestel van die Christendom het tot ‘n einde gekom.

_    Die kerk se rol in die samelewing het dramaties verander.  Dit speel vandag ‘n baie kleiner rol.

_    ‘n Baie groter skeiding tussen kerk en staat.

_    Ons skuif weg van ‘n volkskerk.  Vir baie lidmate is dit ‘n baie moeilike aanpassing.  Sulke mense moet met groot liefde hanteer word:  “We may grief the loss”!  Ons moet ook besef dat vandag nie beter is as die verlede nie.  Die realiteit is net dat dinge vandag nie meer soos in die verlede kan werk nie.

_    Baie van die relatief ouer predikante het groot geword waartydens die Christendom-era nog ‘n groter rol gespeel het as vandag en die oordra van die evangelie baie meer op die kognitiewe vlak gebeur het.  Die jonger mense het ons bewus gemaak dat baie lidmate soek ook ‘n ander spiritualiteit.

_    Die belewenis van en ‘n behoefte aan ‘n geloofsgemeenskap word al hoe belangriker vir gelowiges.

_    Wat beteken dit vir ‘n gemeente om hom/haarself te sien as ‘n voorpos van gestuurdheid binne God se groot missie?

_    Keiffert se opmerking oor die gemeentes in die era van die apostels het heelwat bespreking uitgelok:  “Hulle het hulle missie nie beskou as ‘n besondere optrede op ‘n besondere plek nie, maar as die vanselfprekende primêre bedrywigheid van God se geroepe, versamelde, gefokusde en gestuurde mense.  Dit is die kernaspek van ‘n gestuurde gemeente:  om gestuurdes te wéés, nie bloot mense wat ‘n missie hét nie”. 

_    Verder is dit so belangrik om met ons identiteit ook diversiteit te omarm.  Anders-om is dit net so waar:  Met ons diversiteit moet ons steeds weet wie ons is – moet ons steeds weet wat ons identiteit is.

_    Verder sal ons nie meer ‘n “kom-kerk” kan wees nie.  Ons moet besef dat ons al hoe meer ‘n “gaan-kerk” moet word.  Binne die konteks beteken dit nie baie om mense “kerk” toe te nooi en dan te dink dat ons taak is afgehandel nie.

2.3          Hoofstuk 2 handel oor die verandering van die kultuur van ‘n gemeente.

_    Verandering in ‘n gemeente begin nooit met struktuurveranderings nie.

_    Dit gaan eerder oor ‘n geloofsonderskeidende reis en nie om maar net ‘n paar nuwe goed te doen nie.

_    Vra “God-vrae”:  Wat wil Gód hê moet ons doen?; Waarmee is Gód in ons gemeenskap besig?; Op watter maniere roep God ons om deel te hê aan sy werk in ons gemeenskap?

_    Die twee modelle wat Keiffert bespreek, kan ons help om ons eie manier van doen in gemeentes te evalueer.

_    Die stadia in die ontluikende vernuwing model is belangrik om te verstaan:  Bewuswording, belangstelling, evaluering, proefneming en aanvaarding.

_    Abraham se verhaal help ons om te verstaan dat ons maar onseker is waarheen ons op pad is.  Ons moet ook weet en verstaan is dat almal nie ewe gereed is vir verandering nie.  Daarom is die volgende groepe in ‘n gemeente belangrik om van te weet:  Die vernuwers, die vroeë aanpassers, die vroeë meerderheid, die trae meerderheid en die onversetlikes.

3. Terugvoering vanuit die gemeentes

3.1  Margate (Mike Heaney)

Pro Deo is ‘n gemeenskapsinisiatief wat gerig is op die versorging van bejaardes en kankerpasiënte van die gemeenskap van Margate. Rystoele en ander mediese apparaat word ook gratis voorsien. Die projek is  aan die kerk gekoppel maar dien die hele gemeenskap. Sakemanne uit die gemeenskap waarvan net een ‘n lidmaat is, reël jaarliks ‘n fietstoer van Johannesburg af ter ondersteuning van die inisiatief.

3.2  Pietermaritzburg-Noord (Ben van Dyk)

‘n Projek wat begin het as “Elke vrou ‘n Bybel” het so uitgebrei dat die hele gemeente betrokke geraak het.  Lidmate koop nou Bybels wat dit dan weer verkoop.  Dit het nou al so uitgebrei dat hulle ook nou na die taxi-staanplek uitreik.

3.3  Meerensee (Rupert de Koning en Tertius Jocobs)

Na aanleiding van ‘n fondsinsameling vir ‘n sentrum vir Outistiese kinders en heelwat gemeentelede daarby betrokke is, het daar ‘n groot “Bewusmaking” (vgl Keiffert) in die gemeente plaasgevind.  Hulle glo dat dit die begin van ‘n reis is waarop die Here die gemeente lei.

3.4  Hayfields (Botha van Aarde)

Hayfields se uitdaging na die eenwording met Pietermaritzburg-Suid, is dat dit nie vir die gemeente om oorlewing moet gaan nie maar om die bediening!  Die versoeking is baie groot om weer terug te val op organisatoriese “goeters”.  Die uitdaging is om lidmate op ‘n geloofsreis te neem.

3.5  Krantzkloof (Barry Tolmay)

Barry vertel dat hulle begin kyk na die sg “verlore geslag” van jongmense bo 16.  Hulle het met ‘n nuwe bediening begin wat hulle “Koffie” noem.  Hulle sal graag met die beginsels van Keiffert hierdie groep wil begelei.

3.6  Suidkus (Frans Klopper)

Omdat die gemeente langs die see is, gebruik hulle die metafoor:  “Om ‘n hawe te wees.”  Hulle is gestruktureerd om gestuurd te wees.  Lidmate wat hul gestuurd-wees verstaan is die ideaal.  Daar is begin met ‘n karavaan-bediening waar lidmate betrokke raak by arm mense.

3.7  Bergsig, Newcastle (Gawie van Jaarsveld)

Die kerkraad is op die stadium besig met ‘n voorraadopname oor waar ons staan met ons roeping in die gemeenskap.  In die lig daarvan dat die konteks die afgelope jare verander het, word die vraag gevra of ons roeping nog in plek is.  Bergsig het baie uitreikaksies maar die uitdaging bly steeds om elke lidmaat te laat verstaan wat dit beteken om ‘n gestuurde te wees.

3.8  Bergville (Gert Kok)

Die kerkraad het ‘n man aangestel om swart jongmanne op te lei as raadgewers.  Hulle gaan dan en besoek ‘n skool vir ‘n kwartaal waarna ‘n kamp gehou word.  So word verhoudings gebou om skoolkinders met hulle probleme te help.

3.9  Winterton (Willie Pieters)

Aangesien Willie nuut in die gemeente is wil hy aanvanklik net luister! Hulle tema in die gemeente is “Nuwe groei in Christus”.  Nuwe kerkraadslede is gekies en daar is ‘n nuwe dinamiek in die gemeente om regtig te probeer om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.  ‘n YWAM fasiliteerder het begin met ‘n “Simunye-projek” waarby die Winterton gemeenskap betrokke kan raak.

4. Byeenkomste vir 2012

Twee geleenthede word vir volgende jaar beplan:

4.1  Die Eerste geleentheid gaan oor twee dae saam met Prof Nelus Niemandt wees.  Dit sal wees in die week van 11 of 18 Junie 2012 te Richardsbaai.  Ben van Dyk sal met Nelus skakel en dan die datums vasmaak.

4.2  Tweede geleentheid:  31 Oktober in Pietermaritzburg.

5. Vergaderingskoste:

5.1   Reiskoste

5.1.1 Die reiskoste word goedgekeur:

6. Om te oorweeg in die toekoms:

Die volgende persone kan in die toekoms as inleiers oorweeg word:

  • Ensie Enslin in samewerking met Frans Hancke
  • David Watson – Kerkplanting

7.  Afsluiting.  Botha van Aarde en Rupert de Koning doen elkeen ‘n gebed. 

Posted by: benvd | 20 Augustus 2011

Leesstof oor Missionale Gemeentes

Hierdie blog bevat die titels van aanbevole boeke oor Missionale Gemeentes asook skakels na betrokke artikels oor die onderwerp. Ons vra dat jy inligting oor ander boeke en artikels sal aanstuur of hieronder plaas as kommentaar.

Boekelys:

Bell, Rob. 2011. Love Wins: A Book About Heaven, Hell, and the Fate of Every Person Who Ever Lived. HarperCollins, New York.

Gibbs, Eddie & Coffey, Ian. 2001. church next, quantum changes in Christian ministry. Inter-Varsity, Leicester.

Gibbs, Eddie. 2005. LeadershipNext, Changing Leaders in a Changing Culture. Inter-Varsity, Madison.

Hirsch, Alan & Ferguson, Dave. 2011. on the verge, a journey into the apostolic future of the church. Zondervan, Grand Rapids.

Hirsch, Alan. 2006. The Forgotten Ways. Brazos, Grand Rapids.

Keifert, Patrick. 2007. Ons is nou hier, ‘n Nuwe era van gestuur-wees, ‘n Missionale ontdekkingsreis. Bybel-Media, Wellington.

Mandryk, Jason. Operation World.

Niemandt, Nelus. 2007. Nuwe Drome vir nuwe werklikhede, geloofsgemeenskappe in pas met ‘n postmoderne wereld. Lux Verbi, Wellington.

Roxburgh, Alan J & Boren, M Scott. 2009. Introducing the Missional Church, What is is, why it matters, how to become one. Baker Books, Grand Rapids.

Roxburgh, Alan J & Romanuk, Fred. 2006. The Missional Leader, Equipping your Church to Reach a Changing World. Wylie, San Francisco.

Aanbevole leesstof op die internet:

Breen, Mike. Why the Missional Church Will Fail: http://www.churchleaders.com/pastors/pastor-articles/154332-mike-breen-why-the-missional-movement-will-fail.html?utm_source=newsletter&utm_medium=email&utm_campaign=Daily-Update

Kruisgewys: Pastoraat in Missionale Gemeentes: Kruisgewys-Missionale gemeentes en pastoraat

Mouton, Danie. Opsomming in Engels van Keifert, Patrick. Ons is nou hier. (http://ngkok.co.za/reisgeselskap/boeke/we-are-here-now-mapping-the-missional-journey/#more-31)

Mouton, Danie. Van institusioneel na missionaal. http://kleingemeentes.co.za/missionaal/van-institusioneel-na-missionaal-2/

Niemandt, Nelus. ‘n Gestuurde Kerk. (http://www.rimpels.co.za/dokumente/Rimpel%20Artikel%2014.pdf)

Vennootskap van Gestuurde Gemeentes (http://communitas.co.za/vennootskap-savgg?lang=). Hierdie webblad bevat verskeie artikels oor Missionale Gemeentes, waarvan die volgende bruikbaar is:

Venter, Leon J. Desember 2010. Dans met Triniteit. M Tesis, Universiteit Stellenbosh. (http://www.communitas.co.za/attachments/2352_Dans_Triniteit_Leon_Venter.pdf)

Posted by: benvd | 20 Augustus 2011

Notule van NMG-KZN: 15 Augustus 2011

NOTAS

VERGADERING VAN DIE NETWERK VIR MISSIONALE GEMEENTES

OP 15.8.2011 IN NGK HAYFIELDS, PIETERMARITZBURG

 OPENING

Ds Ben van Dyk open met ‘n wandel-in-die-Woord vanuit Hand.

TEENWOORDIG

 BJ Tolmay                  Krantzkloof

FJ Klopper                  Suidkus

CV de Vries                 Suidkus

G ter Haar                   Hayfields

PJ Meyer                    Hayfields

PG Nel                        Pmb-Suid

GJ Kok                        Bergville

WA Pieters                  Winterton

ML Human                  Pinetown

M Müller                      Pinetown

BJ van Dyk                 Sinode

MJ Heaney                 Margate

RB van Aarde             Sinode

GESPREKSDOKUMENT

Die gespreksdokument, Missionale Gemeentes, word deur dr M Heaney voorgedra en enkele uitgangspunte word bespreek. Sien Bylae 1.

B van Aarde fasiliteer ‘n bespreking oor die dokument.  Die dokument word gesien as vertrekpunt vir die toekomstige werksessies van die Netwerk en aspekte daarvan sal deurlopend aan die orde kom.  Teen die agtergrond van die gespreksdokument word die volgende 2 temas verder bespreek. (Hierdie temas behoort by elke gespreksgeleentheid van die Netwerk aan die orde te kom.)

1          Konseptualisering / Begripsverheldering

Ons verstaan van Missionale gemeentewees

Die volgende subtemas behoort vorentoe aangevul en uitgebrei te word.

Wat missionale gemeentes nie is nie.

Dokument sê dit is nie:           – slegs “emerging churches” nie

(sien Bylae 1)             – slegs sosiale geregtigheid nie

– slegs “attractional churches” nie

– missionale gemeentes is die bogenoemde, maar telkens ook meer as dit.

Missionale gemeentes  – is ook meer as slegs anderstalige of multikulturele bedienings.

– is nie “boksie”-bediening nie.

Wat missionale gemeentes wel is.

– ‘n leefstyl

– dissipels wat ander dissipels maak

– vermy die onderskeid van na-binne-gerig vs na-buite-gerig

– praat eerder van ‘n Koninkryksperspektief  (sien Rob Bell se boek)

– gaan oor ‘n holistiese verstaan van gemeentewees

– vra ‘n nuwe paradigma – “gestuur wees”

– in die dampkring van die Missio Trinitatis Dei  (sien Bylae 1)

Waardes          (sien Bylae 1)

– vra ‘n nuwe stel waardes vir missionale gemeentes

– dinamies en vars

Konteks

– moet natuurlik deurlopend in die oog gehou word

– ons beweeg te stadig

– ons het wysheid nodig

Kerugma / Diakonia / Koinonia

– dit vorm die driehoek van missionale gemeentewees

– moet nog verder uitgewerk word

2          Implementering / Bedieninge

            Ons Werk

Die behoefte is om mekaar se stories te hoor en by mekaar te leer oor die praktyk van missionale gemeentewees. Konsepte wat in hierdie verband verder ontwikkel moet word is:

Holistiese benadering

– lidmate – gemeentes – saam met ander gemeentes– saam met ander kerke – saam met ander …

– Koninkryksgerig wat alle aspekte van Christenskap insluit

– is in der waarheid ‘n beweging / “movement”

Dimensie vs Intensie   (sien Bylae 1)

– gaan oor ‘n gemeente se identiteit en nie net programme nie / programme is ook NB

– neem dalk projekte vir 6 maande aan en sien of dit voortgaan of nie

– paradigma moet skuif van gemeente-as-“huis” beeld na gemeente-as-“lughawe” beeld

– dit vra passie en energie

– gemeente is die lanseerterrein

– werklike samelewing is daarbuite

Leefstyl vs Programme

– sluit aan by bg gedagtes

Leierskap

– nie van “bo” & outokraties nie

– “speel nader aan die onkant-lyn”

– vind uit waar God aan die werk is = waar die nood is!

– luister

– fasiliteer hoop

 

Ds Ben van Dyk fasiliteer die gesprek oor die toekomstige funksionering van die Netwerk vir Missionale Gemeentes.

Lede het 2 groot behoeftes:

1) ekumeniese samewerking

– is op die tafel van KZN Outreach se “Partnership” werkgroep

2) meer intieme & interne gespreksgroep

– dit raak die werk van die Netwerk vir Missionale Gemeentes

–  in terme van bogenoemde temas: (1) Konseptualisering / teologiese onderbou

(2) Implementering / praktyk van gemeentewees

Verwysingsraamwerk

Doel: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN wil gemeentes in KZN help om Missionale Gemeentes te wees.

Samestelling: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN word saamgestel uit lede van enige belangstellende gemeente in KZN.

Werkswyse: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN se werkswyse sluit die volgende in:

  • Ten minste twee byeenkomste per jaar, waarvan een oor twee dae strek;
  • Die studie van literatuur oor missionale gemeentes en navorsing oor missionale gemeentes;
  • Die deel van verhale van lidgemeentes;
  • Die opbou van ‘n databank met hulpbronne vir gemeentes op die internet;
  • Onderlinge hulp met die groei na missionale gemeentes.

Bestuur: ‘n Bestuur word elke vier jaar uit die lede verkies bestaande uit die volgende:

  • Voorsitter
  • Skriba
  • Ondervoorsitter
  • PSD Gemeenskapsbedieninge
  • PSD Gemeentebedieninge

Die Bestuur se taak is om byeenkomste te reël en die netwerk te laat funksioneer.

Begroting:

Die SBS word versoek om te begroot vir twee vergaderings van die Netwerk, nl een vergadering oor twee dae en een vergadering van een dag.

Verkiesing van Bestuur:

Die volgende persone word verkies:

  • Voorsitter: MJ Heaney
  • Ondervoorsitter: BJ Tolmay
  • Skriba: GJ van Jaarsveld
  • PSD’s: RB van Aarde en BJ van Dyk

Boekelys:

‘n Lys word rondgestuur met die versoek dat die lys van toepaslike boeke op die internet geplaas word (gaan kyk by ngkzn.wordpress.com). Lede wat van ander boeke oor Missionale Gemeentes weet, kan die inligting by wyse van kommentaar op die webblad plaas.

Uitdaging:

Gemeenteleiers word uitgedaag om Godsgesprekke in gemeentes te fasiliteer en by die volgende byeenkoms daaroor terugvoer te gee.

Volgende byeenkoms:

Dinsdag 1 Nov om 09:30 te Pietermaritzburg.

AFSLUITING

– met Skriflesing & gebed

 

………………………………………………………………………………………………………..

By die eerste byeenkoms van die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN (NMG-KZN) gehou op 15 Augustus 2011 is die volgende bestuur verkies: Voorsitter: dr Mike Heaney, ondervoorsitter: dr Barry Tolmay, skriba: ds Gawie van Jaarsveld asook dr Botha van Aarde en ds Ben van Dyk (Die notule van hierdie byeenkoms is elders op hierdie blog).

Die konstitusie van die NMG-KZN is ook goedgekeur (sien die artikel op hierdie blog wat die konstitusie bevat).

‘n Tweede byeenkoms van alle belangstellende gemeentes in KZN word gehou op Dinsdag 1 November 2011 te Pietermaritzburg.

By die tweede byeenkoms word aandag aan die volgende sake gegee:

  1. ‘n Boekbespreking van die volgende boek: Keifert, Patrick. 2007. Ons is nou hier, ‘n Nuwe era van gestuur-wees. Bybel-Media, Wellington. Ons beveel sterk aan dat almal wat hierdie byeenkoms bywoon, die boek sal bestudeer. ‘n Opsomming van die boek is elders op hierdie blog.
  2. ‘n Geleentheid vir gemeentes om hulle ervaringe te deel: by die eerste byeenkoms is gemeentes uitgedaag om soveel as moontlik Godsgesprekke in die gemeente en gemeenskap te voer. Hieroor asook ander ervaringe sal gedeel word.

Hiermee ‘n hartlike uitnodiging aan verteenwoordigers uit gemeentes in KZN om hierdie byeenkoms by te woon, al was julle nie by die eerste byeenkoms nie.

Ben van Dyk.

All congregations in KZN are invited to the first meeting of the Network for MIssional Congregation in KZN.

The meeting takes place at the DRC Church, Hayfields on 15 August 2011 at 09:30.

Please confirm your attendance with Marlise at 033 345 2276/7.

 

Posted by: benvd | 10 Augustus 2011

Network for Missional Congregations in KZN

Network for Missional Congregations in KZN

Goal: The Network for Missional Congregations in KZN wants to help congregations in KZN to be missional congregations.

Composition: The Network for Missional Congregations in KZN is composed of members of any interested church  in KZN.

Management: A management committee will be elected every four years from the existing members existing of the following:

  • President
  • Scribe (keep notes on the functions)
  • Vice President
  • PSD Community Ministries
  • PSD Congregational Ministries

Management’s task is to arrange meetings and to attend to the functioning of the network.

Method of work: The Network for Missional Congregations in KZN’s approach includes the following:

  • At least two meetings per year, of which one meeting will be over two days;
  • The study of literature on missional churches and research on missional churches;
  • Sharing stories of member congregations;
  • Building a database of resources for congregations on the Internet;
  • Mutual assistance in the growth to missional churches.

Doel: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN wil gemeentes in KZN help om Missionale Gemeentes te wees.

Samestelling: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN word saamgestel uit lede van enige belangstellende gemeente in KZN.

Bestuur: ‘n Bestuur word elke vier jaar uit die lede verkies bestaande uit die volgende:

  • Voorsitter
  • Skriba
  • Ondervoorsitter
  • PSD Gemeenskapsbedieninge
  • PSD Gemeentebedieninge

Die Bestuur se taak is om byeenkomste te reël en die netwerk te laat funksioneer.

Werkswyse: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN se werkswyse sluit die volgende in:

  • Ten minste twee byeenkomste per jaar, waarvan een oor twee dae strek;
  • Die studie van literatuur oor missionale gemeentes en navorsing oor missionale gemeentes;
  • Die deel van verhale van lidgemeentes;
  • Die opbou van ‘n databank met hulpbronne vir gemeentes op die internet;
  • Onderlinge hulp met die groei na missionale gemeentes.

Indien jy in KZN woon en wil deel wees van hierdie netwerk, kontak vir Ben van Dyk by die NG Kerk se Sinodale Kantoor in Pietermaritzburg, of los ‘n ‘comment’ met jou kontak inligting.

Posted by: benvd | 11 Julie 2011

Studiestuk: Missionale Gemeentes

Missionale gemeentes

1          Begripsomskrywing: Die studiestuk werk met die term missionale gemeentes. ‘n Missionale gemeente is ‘n gestuurde gemeente, wat as God se gestuurdes daar werk waar God werk. Die term ‘missionale gemeente” dien as alternatief vir die term missionêre gemeentes.

a)         Die term moet nie met die sg “emerging churches” verwar word wat ‘n vernuwingsbeweging is nie.

b)         Die term verwys ook nie ‘n nuwe manier om oor kerkgroei te praat nie, of om die sg “attractional church” gedagte te bevorder nie. Dit gaan nie om die promosie van die plaaslike gemeente nie, alhoewel die plaaslike gemeente God se gestuurdes is, en geseën word waar hulle ander seën.

c)         Die term moet ook nie verwar word met sosiale geregtigheid nie, alhoewel gemeenskapsbediening inherent deel is van wat ons onder missionale gemeentes verstaan.

Die verstaan van missionale gemeentes en die begrip Missio Dei gaan hand aan hand. God is ‘n sturende (missionêre) God. Die lewe van God is ’n proses van gestuurdheid: die Vader stuur die Seun, die Seun stuur die Heilige Gees. Die begrip, Missio Dei, of meer resent, Trinitatis Dei, verwys na  ʼn missionêre verstaan van die drie-enige God en van Sy Sending na die wêreld.  Dit behels ook die verstaan van die Goddelike Triniteit as ‘n intieme onderlinge gemeenskap wat wedersyds diensbaar en insluitend is, wat impliseer dat die lidmate soos die Hoof van die kerk is. Die kerk of geloofsgemeenskap is God se instrumente in Sy Sending, Sy gestuurdes na die wêreld. As God se gestuurdes werk ons daar waar God werk.

‘n Missionale teologie werk met ‘n holistiese verstaan van die kerk se roeping, naamlik om nie net met woorde nie, met Woord en brood, woord en daad, die evangelie te bring. Die missionale gemeente is sout vir die aarde en lig vir die wêreld op elke lewensterrein, en bevorder die belange van die koninkryk van God.  Dit gaan dus oor die identiteit van die kerk maar ook oor die roeping van elke gelowige om dissipelmaker te wees daar waar hy of sy hom of haarself in die werk en speelplek bevind. Christus se opdrag in Matteus 28: 19-20 handel in die eerste plek nie oor die doop of oor enige ander saak nie, behalwe om dissipelmakers te wees, kortom, ‘n beweging van mense gedring deur hulle liefde vir Christus Jesus en deur hul gehoorsaamheid aan Hom die koninkryk realiseer. ‘n Missionale gemeente is beide uitreikend deur haar diensbaarheid in die samelewing en uitnodigend in die sin dat mense deur die gemeente se (Christus) styl van diensbaarheid na Hom getrek word.

2          ‘n Missionale perspektief

Missionêre kerk-wees beteken dat gemeentes ’n meer kritiese ingesteldheid onwikkel jeens hul omringende konteks, om sodoende as alternatiewe gemeenskap ’n uiters noodsaaklik profetiese roeping daarbinne te beoefen. Terselfdertyd word sending nie net gesien as die taak van enkelinge wat van tyd tot tyd in sendingaksies uitreik na ander plekke om siele te wen vir die koninkryk van God nie, maar as die taak en roeping van die hele gemeente wat op ’n deurlopende grondslag hulle missionêre roeping in en na die wêreld (ook in hul onmiddellike konteks) uitleef.

Sendingwerk behels nie meer net uitreikaksies van sendingorganisasies in die Eerste wêreld na ongekerstende volkere in die Derde wêreld nie, maar die taak van kerke en gemeentes (ook) in hul onmiddellike konteks. Dit sluit die interaksie/wisselwerking tussen Woord en brood in. Kortom: ’n skuif vanaf ’n sturende na ’n gestuurde kerk, ’n skuif vanaf ’n kultuurkerk na ’n kerk wat die omringende gemeenskap reflekteer met in ag neming van, en ’n kritiese posisie teenoor, die omringende kultuur.

’n Missionale gemeente sou ook as ’n gemeente met bepaalde styl getipeer kon word. ’n Gemeente wat die Woord van God kan waarmaak en die konteks waarbinne ’n gemeente hulleself bevind kan lees. Met ander woorde, ’n Skrifgetroue kerk wat die mens van vandag aanspreek binne sy konteks. Dit is ten eerste oor die karakter van die kerk.

“Being missionary and being a “sent” community – a body of people sent on a mission – is not first about the church’s outward-moving actions – it is about the character of its own life in the process. This happens not when a church leaves its geographic location. Rather it happens when it takes leave of cultural loyalties alien to the gospel. This must be the prior disposition if geographic leaving is to be genuinely missionary.” (Darrell L Guder: Missional Church).

‘n Missionale gemeente is ook al beskryf as gemeentes wat wegbeweeg van programme na prosesse, van besluite na dissipelmaking, van professioneel na passievol,van uniformiteit na diversiteit.

As alternatiewe gemeenskap kan die missionale gemeente ʼn kragtige getuie wees wanneer hy in kontras met die leefstyl van die dominante gemeenskap rondom hulle optree – byvoorbeeld ten opsigte van materialisme, korrupsie, wetteloosheid en liefdeloosheid. Die missionale gemeente word voortdurend gevorm deur die evangelie om sodoende ʼn lewende en geloofwaardige bewys en bevestiging van sy eie aansprake, beloftes en uitnodigings te word terwyl daar geïdentifiseer word met die wêreld ver en naby hulle as ʼn teken van die Koninkryk wat kom. Die missionale gemeente volg in die voetspore van Christus, wat deur Sy lewe en bediening die barmhartigheid van die Vader omgesit het  in brood, genesing, redding uit gevaar, vergifnis en versoening met God. Die gemeente gee dus ook met haar dienswerk uitdrukking aan die barmhartige hulpvaardigheid van God.

3          Missionêre/missionale dimensie en intensie

Wanneer daar oor die verantwoordelikheid van missionale gemeentes gepraat word, is dit nodig om tussen ‘n missionêre dimensie en ‘n missionêre intensie te onderskei. As die kerk dáár is vir die wêreld, as die kerk in alles wat hy doen die liefde van die Here wil uitstraal, spreek dit vanself dat élke aksie van die kerk ‘n missionêre dimensie moet hê. Of eredienste gehou word of kategese bedryf word, of pastorale sorg ter sprake is of ‘n kerkbouprogram, of daar kermis gehou word of oor die jaarlikse begroting besluit moet word, telkens moet die vraag gevra word: dien dit ons getuienis? Lok dit mense na Christus – of stoot dit af?

Die kerk het nog meer as dit nodig: ‘n missionêre intensie. In die program van die gemeente moet voortdurend plek gemaak word vir spesifieke getuienis- en diensaksies en projekte. Die evangelie-liefde van die Here moet verkondig word en ook gedemonstreer word. Daarvoor is planne en strukture nodig. Hierdie styl vra om ’n bewuste keuse van ’n gemeente om te beweeg van selfonderhoudend na missionêr. Dit vra van ’n gemeente om nie haar eie doel in sigself te wees nie, maar ’n middel tot ’n doel, om haar eie sisteem prys te gee ten einde dit te behou.

Die presiese implikasie van hierdie uitwaartse beweging sal uiteraard verskil van gemeente tot gemeente. Dit alles bring mee dat elke gemeente (en elke lidmaat) eerlik voor die spieël van die Here sal moet gaan staan en vra: watter dinge verhoed ons om ons taak behoorlik na te kom? Dra die gemeentelike strukture ons roeping om missionale gemeente te wees, of pootjie ons tradisionele strukture ons? Is die gemeente hoofsaaklik na binne gerig, bo alles op hul eie oorlewing ingestel?

Lewe dié gemeente na buite, na die wêreld, waarheen die Here hul geroep het om as Sy getuies op te tree? Kortom, soos Malan Nel dit vra: “Waarvoor is die gemeente hier? Wie sal die gemeente mis as hulle ophou bestaan?” Nie net die bediening van die kerk nie, maar ook die “being” (die wees van die kerk) is belangrik.

4          Leierskap en die missionale kerk

Leierskap is vir Malan van kardinale belang in die lewe van die missionale gemeente. Hy beklemtoon egter ʼn dimensie wat belangrik is vir die styl waarmee ons die saak benader. Hy noem dit die stuur (kubernesis) van ‘n boot wat nie jou eie is nie, met ‘n vrag wat jy nie besit nie, na ʼn bestemming wat deur die Eienaar van die vrag bepaal word. Hierdie is ʼn beeld wat aansluit by Paulus in sy briewe. Missionale gemeentes verstaan die relatiewe en relevante waarde van leierskap, administrasie en bestuur. Uiteindelik staan al die bedieninge van die gemeente in diens van die kommunikasie van die evangelie van die koninkryk van God.

‘n Ander beeld is om die gemeente te sien as ‘n trein, wat sy doel vervul. Die stuur (kubernesis) van die trein is die wiele van die trein. Hulle neem die impak of “hammering” en in die ergste scenario is ongelukkig ook die remme wat die proses vertraag of in die wiele ry. Dit beteken dat gemeentes se rol nie uitgedien is in die koms van God se koninkryk na die wêreld nie, maar uitdrukking van God se liefde vir die wêreld.

Die gemeente is God se opsporingstasies om die gebrokenes in hierdie wêreld te soek en te laat vind- getroue getuies van God se genade in Christus deur die werking van Sy Heilige Gees. Missionale leierskap is gebou op bemagtiging, deelname en spanne, waar daar oop sisteme is wat nuwe toetredes verwelkom. Leierskap moet ook by die veranderende omstandighede kan aanpas. Daarby is dit vanselfsprekend dat die gemeentelike leier ‘n persoon van integriteit en geloofsvolwassenheid moet wees.

5          Missionêre/missionale waardes

In hierdie paragraaf word net kortliks verwys na die hoofstuk van Nelus Niemandt oor die saak. Om ʼn gemeente te begelei van ‘n instandhoudende kerk na ‘n missionale kerk vra ‘n holistiese benadering. Dit werk met die begrip dat die kerk juis daar is vir die vreemdelinge en mense wat nie deel van die kerk is nie. Hiermee word nie bedoel dat die bedieninge in die kerk verwaarloos word nie. Die bedieninge in die kerk mag egter nie net dien om die “struktuur” te dien nie, maar die koms van God se koninkryk in hierdie wêreld.

Die onderstaande missionale waardes word deur Niemandt as rigtinggewend vir die missionale gemeentes genoem. Die bediening van gebed, die bediening van die evangelie van God se verlossing vir alle mense deur woord en daad, sowel as die bewaring en bewerking van die skepping tot eer van God en almal wat in die skepping woon, is deel van die roeping van die hele gemeente, maar ook van elke gemeentelid. Insiggewend dat hy vermeld dat die gemeente die leiers se agenda bepaal en nie andersom nie.

Missionale waardes sluit die volgende in:

  • Lewe as ‘n geloofsgemeenskap wat onderlinge saamwees hoog ag. (Die uitbou van kleingroepe).
  • Oop en plat leierskapsstrukture.
  • ‘n Sin vir avontuur en bereidheid om risikos te neem. (teenoor die handhawing van dit wat werk).
  • Aanbidding wat klem lê op ervaring, deelname en die kunste. Met aanbidding moet ons ook verstaan dat ‘n missionale gemeente alles wat sy aanpak in biddende afhanklikheid van die Sturende God sal doen.
  • ‘n Sin vir geregtigheid.
  • Deernis met mense in nood (Gemeenskapsbediening).
  • Waardering vir diversiteit met behoud van klem op eensgesindheid.

Uiteindelik, elkeen ‘n sendeling!

6          Missionale gemeente in ‘n postmoderne konteks

Cas Wepener (aangehaalde werk) wys daarop dat die kerk haar in ‘n nuwe era bevind. In samelewings wat as modern of postmodern getipeer kan word, het die kerk haar vanselfsprekende posisie verloor. Die vraag is watter tipe kerk benodig word in ‘n post-moderne kultuur?

Die sg “kerk in ‘n postmoderne konteks” heg groot waarde aan holisme en bediening aan die hele persoon in sy totale konteks, maw gee aandag aan al die dimensies van menswees, nie net die mens se “siel” nie. Diversiteit en multikulturalisme is nie vreemde begrippe vir so ‘n kerk nie.  Verhoudings is baie belangrik en die kerk funksioneer nie in “geestelike ghettos” nie, maar heg waarde aan verhoudings met ander kerke. Dit sou beteken dat bedieninge nie gedupliseer word nie, maar hande gevat word twv God se koninkryk. Wysheid om die onmiddellike konteks aan te spreek en te bedien eerder as intellektuele kennis is belangrik vir die bediening in die sg “postmoderne konteks.”

Sendingwerk behels nie meer net uitreikaksies van Sendingorganisasies in die Eerste wêreld na ongekerstende volkere in die Derde wêreld nie, maar die taak van kerke en gemeentes (ook) in hul onmiddellike konteks. Kortom: ’n skuif vanaf ’n sturende na ’n gestuurde kerk. Ook wat die kerke/gemeentes se onderlinge verbondenheid betref het daar ‘n skuif gekom. Gemeentes reik na mekaar uit as vennote of “partners”. Die “partnership” gedeelte behels dat ‘n sisteembenadering gevolg sal word waarin netwerke van gemeentes gevorm word om saam te werk aan hul missionêre opdrag. Dat gemeentes hande sal vat op hierdie pad deur van mekaar te leer, van oorwinnings en van foute. Maw ‘n benadering weg van “ons weet” na een van “ons leer”.

Hoe die vennootskapsgedagte uitgewerk kan word is deel van die proses in KZN waar gemeentes uiteindelik in gesprek met mekaar by mekaar kan leer en mekaar kan stimuleer en bemoedig deur die onderlinge koinonia en leer by mekaar. Hierdie is deel van ‘n ontvouende proses in KZN.

‘n Studiestuk (Nuwe wyn) wat by die vorige Sinodesitting van Natal se kerk uitgedeel het daag die kerk in KZN so uit: “ Ons is nou hier, God stuur ons. Ons is Sy kerk, Sy familie. Ons wil mekaar bystaan om met Woord en daad Christus sigbaar te maak. Ons wil nie meer alleen loop nie, maar ons wil saam met ander kerke, veral ons uitgebreide familie, saamwerk aan een Christelike getuienis. Ons is betrokke by die uitdagings van armoede, MIV Vigs en misdaad. Ons wil die Here se koninkryk dien, wat groter is as ons kerk. Ons kan dit nie meer konfronterend, meerderwaardig, sonder verhoudinge doen nie.”  Kom ons begin dit al meer doen!

Opsteller: dr Mike Heaney in samewerking met Ds Gawie van Jaarsveld, Dr Botha van Aarde en Ds Ben van Dyk

Bronnelys:

Christianity Today. December 2008.

Hancke Frans. Die impak van die plaaslike missionêre gemeente. Ongepubliseerd.

Keller Tim. The Missional Church. Junie 2001.

Nel Malan. Congregational analysis: A theological and ministerial approach. HTS teologiese studies. November 2009.

Niemandt Nelus. Nuwe drome vir nuwe werklikhede. 2007.

Nuwe wyn in nuwe sakke.  Studiestuk van KZN Sinode

Wepener Cas. Ongepubliseerde Buvton studiestuk.

RIGLYNE VIR DIE PASTORALE BEGELEIDING VAN PERSONE MET ‘N HOMOSEKSUELE ORIËNTASIE

1. Inleidend.

Die besinning van die kerk se kant oor die komplekse verskynsel van homoseksualiteit vind oor die afgelope jare/dekades reeds wyd en omvattend plaas. (Algemene Sinode 2007; KZN Sinode 2005)

Daar word in hierdie riglyne dus slegs gefokus op die pastorale begeleiding van persone met homoseksuele oriëntasie sonder dat daar prinsipieël besin of teologies enige beoordeling gemaak word, of vanuit enige vooropgenome standpunt na die saak gekyk word. Die riglyne fokus dus op die werklikheid dat daar in praktyk sulke persone in die samelewing en in ons gemeentes is en dat ons ook in pastorale situasies met hulle te doen kry. Die klem val verder daarop dat die riglyne bondig, prakties en bruikbaar sal wees.

2. Die verstaan van pastorale begeleiding.

Pastorale begeleiding vanuit Christelik/Bybelse perspektief wil mense help en  begelei tot die volheid van die nuwe lewe in Christus en in verhouding met God, en van daaruit tot sinvolle menswees (Rom. 5:1 – 2; Joh. 10:10). Dit is dus gerig op heling/genesing, begeleiding, perspektief, ondersteuning, troos, versoening en geloofsgroei tot geestelike volwassenheid (Bylae A13-1 van die Verslag van die Kommissie vir Leer en Aktuele Sake van Wes- en Suid-Kaap aan die Sinode 1999, Agenda 1999:183). Dit gaan gepaard met ʼn ingesteldheid van begrip, empatie, luister, deernis en ootmoed teenoor enige persoon wat sodanige hulpverlening verlang/nodig het.

Dit is dus belangrik dat die persoon met homoseksuele oriëntasie nie uitgesonder word asof dit die enigste of grootste “probleem” of “sondige toestand” is waarmee mense gehelp moet word nie. Ons samelewing en gemeentes is vol mense met pyn en worsteling oor ʼn verskeidenheid van aangeleenthede en die klem in pastorale begeleiding val dus primêr op die hulp en bystand wat gegee word eerder as die spesifieke gestalte van gebrokenheid waarmee ons te doen kry. Die pastorale begeleiding van persone met homoseksuele oriëntasie is dus wesenlik nie noodwendig anders as die begeleiding van enige ander persoon nie.

In die lig van hierdie paar uitgangspunte word die volgende as riglyne aangebied :

3. Riglyne vir pastorale begeleiding.

3.1. Ingesteldheid van die pastor

3.1.1 Dit is belangrik dat die pastor eerlik met hom/haarself is.  Indien daar in sy/haar ingesteldheid dalk so ʼn sterk weersin is teen homoseksualiteit dat dit die begeleidingsproses sal belemmer is dit raadsaam om vanuit die staanspoor eerder ʼn ander persoon as begeleier te kry.

3.1.2 Veral vanweë die sterk “sonde” konnotasie waarmee homoseksualiteit dikwels bejeën word is dit belangrik dat die pastorale begeleiding nie plaasvind in die raamwerk van ʼn “regverdige” wat ʼn “sondaar” moet reghelp nie. Egte pastorale begeleiding vind nie plaas vanuit ʼn verhewenheid bo die ander nie maar juis vanuit ʼn diepe solidariteit met die ander se worsteling en pyn, ʼn ootmoed en ʼn besef van eie sondigheid en swakheid (Henri Nouwen se gedagte van die “wounded healer”).  Ons kan praat van ʼn tipe solidariteit.  Hierdie “solidariteit” kan pastoraal en Skriftuurlik begrond word van uit die perspektief van “korporatiewe identiteit”.  David Powlison gebruik verhelderende begrippe soos, ‘a we-ness’ en ‘we are in it together’. Die berader en die beradene is ewe afhanklik van dieselfde verlossende genade (Jak 2:10; 3:2).  Hierdie korporatiewe identiteit as uitgangspunt word bevestig deur Kor. 6: 9-11. Hoereerders, geldgieriges en skindertonge word onder dieselfde kam geskeer as “mense wat homoseksualiteit bedryf”.

3.1.3 Daar is nie ʼn vaste “resep” vir die begeleiding van persone met homoseksuele oriëntasie nie. Dit is simplisties om met die uitgangspunt te werk dat die antwoord vir al sulke persone te vind is in bekering of die afswering van sondige praktyke. Elke mens, ook die homoseksueel, het sy eie verhaal, ervarings, worsteling en pyn en die pastorale begeleiding sal dus met sensitiwiteit moet rekening hou met die unieke van elke individuele situasie.

3.1.4 Dit is verder belangrik om te onthou dat egte pastorale begeleiding nie die oogmerk het om ander bloot (ʼn bietjie) beter oor hulleself te laat voel of  te help om meer gelukkig te wees nie. Dit gaan veel eerder oor die ontdekking deur die persoon self van ʼn betekenisvolle menswees voor God en in verhouding met Hom (Fil 3:10 – 14). Daarom het die pastor dikwels (meestal!) nie self al die antwoorde nie maar laat ruimte vir en vertrou die Gees om te oortuig en tot insig te lei.

3.2. Riglyne vir begeleiding

In aansluiting by dr Dawid Kuyler (Toegerus om te help) se lewensdimensies van geestelike heling en terapie is die volgende aspekte wesenlik belangrik in die begeleidingsproses:

3.2.1 Aanvaarding.

Persone met homoseksuele oriëntasie worstel dikwels met die ervaring van verwerping in die samelewing en gemeente. Daarom word dit so belangrik in die pastorale begeleiding dat daar aanvaarding sal wees wat juis gestalte gee aan die genade en onvoorwaardelike liefde van Christus.  As berader is ons God se beelddraers. Ons is Sy sigbare verteenwoordigers en in hierdie hoedanigheid is ons in navolging van God daartoe geroep om mense ten aanvang te ontmoet wáár hulle is in ʼn klimaat van onvoorwaardelike liefde en aanvaarding (Rom. 15:7).

3.2.2 Vergifnis.

Homoseksuele oriëntasie bring mense dikwels in ʼn atmosfeer van skerp veroordeling in kerklike en gemeenskapskringe.  Die gedagte dat homoseksuele persone deur God verwerp word en reguit hel toe sal gaan het dikwels groot pyn en worsteling tot gevolg.  Vanuit die kruis en die versoening wat in Christus bewerk en aan ons geskenk is, is die bediening van vergifnis ʼn belangrike dimensie van die begeleidingsproses.  ’n Kernbeginsel in die konteks van vergifnis is, “om uit genade te leef, moet ons ook genadig leef”. Dit is enersyds ’n wesenlike grondhouding in die begeleidingsproses. Andersyds is dit ook ’n beginsel wat by die beradene ingeskerp moet word as ’n grondhouding in die teenwoordigheid van liefdelose kritiek en veroordeling.

3.2.3 Hoop

Die ervaring van persone met homoseksuele oriëntasie dat hulle in die breë samelewing soms “afgeskryf” word en in ʼn sin uitgestoot word sodat hulle in eie gemeenskappe (en gemeentes) hulle weg moet vind, maak dit belangrik dat daar in die pastoraat aan hulle hoop gebring word. Vanuit die opstanding van Christus en met die oog op sy koms (eskatologie) kan ook hierdie persone die verwagting hê dat ons in Hom tot volle lewenswaarde kan opstaan.

3.2.4 Gemeenskap (“fellowship”)

Die kerk is ʼn helende gemeenskap. Die pastorale begeleiding sou dus ook in die oog hê om persone in te trek in koinonia met ander waar hulle die dimensies hierbo genoem kan ervaar met medegelowiges en waar hulle die volle ruimte het om diensbaar en deel van die gemeente te wees sonder dat hulle oriëntasie hulle uitsluit van ʼn betekenisvolle lewe in die gemeente. Die fokus is dus nie primêr dat hulle eers moet “regkom” nie maar dat hulle in Christelike liefde opgevang word en dat die uitkoms in ʼn sin oorgelaat word in die hande van die Here self.

3.2.5 Vreugde

Homoseksuele oriëntasie gaan oor tyd en met al die bagasie wat daarmee saamgaan, dikwels gepaard met die verlies van egte lewensvreugde en die “viering” van menswees. Dit sou in die pastorale begeleiding belangrik wees om ook hierdie dimensie aan te spreek en die persoon te begelei tot vreugdevolle menswees en die omhelsing van die lewe sonder om daarop te fokus dat dinge eers anders moet word (Rom. 5:1 – 2; Joh. 10:10). Die bevryding en dankbaarheid wat in Christus aan ons almal geskenk word geld ook vir persone met homoseksuele oriëntasie.

3.2.6 Begrip

Dit is belangrik dat ons in ons gemeentes en gemeenskappe werk aan groter begrip vir persone met homoseksuele oriëntasie en om die “stigma” daaraan verbonde te besweer. Aan die ander kant moet sulke persone egter ook begelei word om begrip te hê dat vanuit die tradisionele opvattings oor die saak dit nie vir almal ewe maklik is om iets wat vir ʼn lang tyd as “doodsonde” voorgehou en hanteer is, gewoon in ʼn ander lig te sien nie. Daar is steeds baie gemeentelede en ouers wat groot worsteling het om vrede te maak met die verskynsel van homoseksualiteit en ook hierdie worsteling moet begryp word en nie afgemaak word as voor die voet liefdeloosheid of veroordeling nie.

3.2.7 Begrensing

Al die voorafgaande wil nie propageer dat alles wat plaasvind binne ʼn homoseksuele oriëntasie gewoon aanvaar of gesanksioneer hoef te word nie. Die kerklike besluite oor die saak (Algemene Sinode 2007; KZN Sinode 2005) het bepaalde parameters gestel waarbinne die pastorale begeleiding en die berader sy eie begrensing vrymoedig kan handhaaf. Die beginsel bly egter dat alhoewel ons sekerlik vanuit eie oortuigings die sonde kan afwys, ons tog altyd die sondaar onvoorwaardelik sal liefhê.

3.2.8 Eiesoortige worsteling wat gepaard gaan met die homoseksuele milieu.

Benewens die algemene riglyne in punt 3.2.1 tot 3.2.7 hierbo, sou dit in die pastorale begeleiding belangrik wees om rekening te hou met bepaalde probleme waarmee persone met homoseksuele oriëntasie dikwels worstel.

1. Emosionele verwonding.

Wanneer daar geluister word na die verhale van homoseksuele persone, word dit duidelik dat meeste van hulle langs die pad situasies beleef het van verwonding. Soms kom dit uit die ouerhuis, soms uit die gemeenskap deur verwerping, bespotting, viktimisering ens. Dit is in die pastorale begeleiding belangrik dat hierdie soort situasies deurgewerk en verwerk word. Daarom sou daar geluister moet word na elkeen se verhaal en die emosionele pyn wat daarmee saamgaan.

2. Eensaamheid.

Eensaamheid is iets anders as om alleen te wees. Wayne Mack het tydens ’n lesing te Westminster, Philadelphia die volgende sinvolle definisie van eensaamheid verskaf:

Loneliness is the extremely unpleasant emotion that arises from the awareness that I am not relating meaningfully to God, people and, consequently, to myself. Eensaamheid kan ʼn kroniese emosie word wat later oorgaan in ander emosies van verlatenheid, minderwaardigheid en depressie.

3. Depressie

Navorsing toon dat, alhoewel ʼn mens nie sou kon sê dat alle homoseksuele persone depressie lyers is nie, daar tog ʼn besondere hoë voorkoms van hierdie toestand by hulle aangewys kan word. Dit gaan dikwels gepaard met gevoelens van swaarmoedigheid, waardeloosheid en gebrek aan hoop en lewensin. Gevoelens van selfmoord kom ook dikwels voor. Die pastorale begeleiding sal dus deeglik met hierdie moontlikheid en die terapie daar rondom moet rekening hou.

4. Worsteling met verhoudings.

Baie homoseksuele persone kom uit verhoudings waarin hulle verwond is en seergekry het. Die verhouding met ouers, die belewenis van veral ʼn vaderfiguur maar dikwels ook ʼn moeder is faktore wat groot invloed het op die pad waarlangs hulle gekom het. Sommige kom uit heteroseksuele verhoudings en selfs huwelike. Ook binne die “gay” gemeenskap self is daar verhoudings waarin ander dikwels diep seerkry. Die pastorale begeleiding sal dus hierop moet fokus en help om die verhoudings verwonding te identifiseer en deur te werk

5. Gebrek aan sekuriteit en vastigheid

Alhoewel die  ‘ideaal” van ʼn durende, monogame verhouding vir persone met homoseksuele oriëntasie dikwels voorgehou word, blyk dit in praktyk dat hierdie soort verhouding baie selde voorkom in die gay gemeenskap. Meeste homoseksuele persone het ʼn geskiedenis van verskeie verhoudings en die gebrek aan ʼn huweliksband maak dit uiteraard ook baie makliker om in’n blywende verhouding betrokke te raak. Sommige navorsers beweer dat daar soveel as 500 verskillende verhoudingsmaats in ʼn gemiddelde gay verhouding kan wees (dit sluit  heteroseksuele verhoudingsmaats ook in). Dit skep ’n omgewing waar daar min sekuriteit in verhoudings ervaar word. In die pastorale begeleiding sal hierdie aspek ook aandag moet geniet. Binne die Christelike gemeenskap word hierdie soort promiskuïteit, of dit homo- of heteroseksueel is, konsekwent afgewys.

Heteroseksuele verhoudings het in die algemeen ʼn opbou na die fisiese. In die homoseksuele kultuur kom dit dikwels voor dat persone na ’n eerste ontmoeting nog dieselfde aand in ’n fisieke verhouding betrokke raak. Van meet af word daar dus ’n wesenlike konfrontasie met die synsproblematiek: gaan dit oor my of my liggaam.  Die begeleidingsproses fokus op die begeleiding en vestiging van twee sleutelbegrippe in die teologie van Larry Crabb. Volgens Crabb is die diepste behoefte wat in die hart van elke mens leef die behoefte aan sekuriteit en waarde wat alleenlik manifesteer in ’n persoonlike verhouding met Jesus Christus

6.  Misbruik en mishandeling (abuse)

Persone met homoseksuele oriëntasie is dikwels ook binne hulle eiesoortige gemeenskap en verhoudings die slagoffers van misbruik en mishandeling. Hulle het nie altyd dieselfde wetlike beskerming wat vrouens en kinders binne die normale huweliksituasie geniet nie. Hulle het dikwels nie die vrymoedigheid om dit aan te meld nie en doen dit selde. Gevolglik word die lyding maar in stilte verdra en verduur. Die gevoelens van verwerping, frustrasie en vernedering wat met hierdie soort verskynsel saamgaan sal in die pastorale begeleiding ook moet aandag kry.

7. Identiteitskrisis

ʼn Homoseksuele oriëntasie gaan dikwels gepaard met die worsteling en soeke na identiteit, daar word selfs na verwys as ʼn identiteitskrisis wat baie van hierdie persone ervaar. Daarmee saam gaan die gevoelens van ʼn lae selfbeeld en die gebrek aan selfvertroue of selfs diepe gevoelens van minderwaardigheid. Daarom is dit belangrik in die begeleidingsproses om ʼn nuwe menswaardigheid en identiteit in Christus te bou en te vestig. Ten diepste lê elke mens se waarde in wie ons in Jesus Christus is en nie slegs in ons seksualiteit nie.

Dit gaan dus ten diepste nie oor wie ek is nie maar oor wie s’n ek is. Wanneer ’n mens se identiteit op ’n gegewe tydstip nie in Christus gevestig is nie, lei dit noodwendig tot die ‘prestasiestrik’.  Die prestasiestrik beteken dat my eiewaarde gekoppel is aan ‘my vermoë om te presteer’ (vrees vir mislukking) en ‘ander se goedkeuring’ (vrees vir verwerping).  Volgehoue en intense vrees vir mislukking en verwerping vorm dikwels die destruktiewe teëlaarde vir angs, aggressie en depressie.

Daar is drie genadegedrewe beradingsbeginsels wat deurlopend in gedagte gehou moet word:

  • Danksy die genade van die Vader behoort (belong) ek.
  • Danksy die offer van Christus het ek waarde.
  • Danksy die  Heilige Gees se inwonend-bemagtigende krag is wonderwerke in alle fasette van my verhoudingslewe ’n moontlikheid.

8. Belewenis van die verhouding met God

In die pastorale begeleiding sal daar aandag gegee moet word aan die Godsbeeld wat hy/sy het. Persone met homoseksuele oriëntasie worstel dikwels met skuldgevoelens en beleef God ver en onpersoonlik of rigied, onbegrypend en veroordelend. Hierdie persepsies kan uiteraard ʼn groot invloed hê op gebed, geestelike groei en die belewenis van ʼn veilige en geborge verhouding met God. Ons pastorale begeleiding moet ook begelei tot tuiskoms by ons Vader.

Die werkgroep het bestaan uit:

Magdalena Reyneke (voorsitter)

Roelie Erasmus (skriba)

Awie Erxleben

Dawie Oosthuizen

Henry Eagleton

Ben van Dyk

Posted by: benvd | 3 Maart 2009

Bedanking aan Nelus

Louis van der Walt het die bedanking gedoen en meld dat Nelus se optrede hom aan die volgende laat dink:

N – Brug na nerens

EErvanring

LLeef in die wereld

UUitdaging

SSigbaarheid

Older Posts »

Kategorieë