NOTAS
VERGADERING VAN DIE NETWERK VIR MISSIONALE GEMEENTES
OP 15.8.2011 IN NGK HAYFIELDS, PIETERMARITZBURG
OPENING
Ds Ben van Dyk open met ‘n wandel-in-die-Woord vanuit Hand.
TEENWOORDIG
BJ Tolmay Krantzkloof
FJ Klopper Suidkus
CV de Vries Suidkus
G ter Haar Hayfields
PJ Meyer Hayfields
PG Nel Pmb-Suid
GJ Kok Bergville
WA Pieters Winterton
ML Human Pinetown
M Müller Pinetown
BJ van Dyk Sinode
MJ Heaney Margate
RB van Aarde Sinode
GESPREKSDOKUMENT
Die gespreksdokument, Missionale Gemeentes, word deur dr M Heaney voorgedra en enkele uitgangspunte word bespreek. Sien Bylae 1.
B van Aarde fasiliteer ‘n bespreking oor die dokument. Die dokument word gesien as vertrekpunt vir die toekomstige werksessies van die Netwerk en aspekte daarvan sal deurlopend aan die orde kom. Teen die agtergrond van die gespreksdokument word die volgende 2 temas verder bespreek. (Hierdie temas behoort by elke gespreksgeleentheid van die Netwerk aan die orde te kom.)
1 Konseptualisering / Begripsverheldering
Ons verstaan van Missionale gemeentewees
Die volgende subtemas behoort vorentoe aangevul en uitgebrei te word.
Wat missionale gemeentes nie is nie.
Dokument sê dit is nie: – slegs “emerging churches” nie
(sien Bylae 1) – slegs sosiale geregtigheid nie
- slegs “attractional churches” nie
- missionale gemeentes is die bogenoemde, maar telkens ook meer as dit.
Missionale gemeentes – is ook meer as slegs anderstalige of multikulturele bedienings.
- is nie “boksie”-bediening nie.
Wat missionale gemeentes wel is.
- ‘n leefstyl
- dissipels wat ander dissipels maak
- vermy die onderskeid van na-binne-gerig vs na-buite-gerig
- praat eerder van ‘n Koninkryksperspektief (sien Rob Bell se boek)
- gaan oor ‘n holistiese verstaan van gemeentewees
- vra ‘n nuwe paradigma – “gestuur wees”
- in die dampkring van die Missio Trinitatis Dei (sien Bylae 1)
Waardes (sien Bylae 1)
- vra ‘n nuwe stel waardes vir missionale gemeentes
- dinamies en vars
Konteks
- moet natuurlik deurlopend in die oog gehou word
- ons beweeg te stadig
- ons het wysheid nodig
Kerugma / Diakonia / Koinonia
- dit vorm die driehoek van missionale gemeentewees
- moet nog verder uitgewerk word
2 Implementering / Bedieninge
Ons Werk
Die behoefte is om mekaar se stories te hoor en by mekaar te leer oor die praktyk van missionale gemeentewees. Konsepte wat in hierdie verband verder ontwikkel moet word is:
Holistiese benadering
- lidmate – gemeentes – saam met ander gemeentes– saam met ander kerke – saam met ander …
- Koninkryksgerig wat alle aspekte van Christenskap insluit
- is in der waarheid ‘n beweging / “movement”
Dimensie vs Intensie (sien Bylae 1)
- gaan oor ‘n gemeente se identiteit en nie net programme nie / programme is ook NB
- neem dalk projekte vir 6 maande aan en sien of dit voortgaan of nie
- paradigma moet skuif van gemeente-as-“huis” beeld na gemeente-as-“lughawe” beeld
- dit vra passie en energie
- gemeente is die lanseerterrein
- werklike samelewing is daarbuite
Leefstyl vs Programme
- sluit aan by bg gedagtes
Leierskap
- nie van “bo” & outokraties nie
- “speel nader aan die onkant-lyn”
- vind uit waar God aan die werk is = waar die nood is!
- luister
- fasiliteer hoop
Ds Ben van Dyk fasiliteer die gesprek oor die toekomstige funksionering van die Netwerk vir Missionale Gemeentes.
Lede het 2 groot behoeftes:
1) ekumeniese samewerking
- is op die tafel van KZN Outreach se “Partnership” werkgroep
2) meer intieme & interne gespreksgroep
- dit raak die werk van die Netwerk vir Missionale Gemeentes
- in terme van bogenoemde temas: (1) Konseptualisering / teologiese onderbou
(2) Implementering / praktyk van gemeentewees
Verwysingsraamwerk
Doel: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN wil gemeentes in KZN help om Missionale Gemeentes te wees.
Samestelling: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN word saamgestel uit lede van enige belangstellende gemeente in KZN.
Werkswyse: Die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN se werkswyse sluit die volgende in:
- Ten minste twee byeenkomste per jaar, waarvan een oor twee dae strek;
- Die studie van literatuur oor missionale gemeentes en navorsing oor missionale gemeentes;
- Die deel van verhale van lidgemeentes;
- Die opbou van ‘n databank met hulpbronne vir gemeentes op die internet;
- Onderlinge hulp met die groei na missionale gemeentes.
Bestuur: ‘n Bestuur word elke vier jaar uit die lede verkies bestaande uit die volgende:
- Voorsitter
- Skriba
- Ondervoorsitter
- PSD Gemeenskapsbedieninge
- PSD Gemeentebedieninge
Die Bestuur se taak is om byeenkomste te reël en die netwerk te laat funksioneer.
Begroting:
Die SBS word versoek om te begroot vir twee vergaderings van die Netwerk, nl een vergadering oor twee dae en een vergadering van een dag.
Verkiesing van Bestuur:
Die volgende persone word verkies:
- Voorsitter: MJ Heaney
- Ondervoorsitter: BJ Tolmay
- Skriba: GJ van Jaarsveld
- PSD’s: RB van Aarde en BJ van Dyk
Boekelys:
‘n Lys word rondgestuur met die versoek dat die lys van toepaslike boeke op die internet geplaas word (gaan kyk by ngkzn.wordpress.com). Lede wat van ander boeke oor Missionale Gemeentes weet, kan die inligting by wyse van kommentaar op die webblad plaas.
Uitdaging:
Gemeenteleiers word uitgedaag om Godsgesprekke in gemeentes te fasiliteer en by die volgende byeenkoms daaroor terugvoer te gee.
Volgende byeenkoms:
Dinsdag 1 Nov om 09:30 te Pietermaritzburg.
AFSLUITING
- met Skriflesing & gebed
………………………………………………………………………………………………………..