By die eerste byeenkoms van die Netwerk vir Missionale Gemeentes in KZN (NMG-KZN) gehou op 15 Augustus 2011 is die volgende bestuur verkies: Voorsitter: dr Mike Heaney, ondervoorsitter: dr Barry Tolmay, skriba: ds Gawie van Jaarsveld asook dr Botha van Aarde en ds Ben van Dyk (Die notule van hierdie byeenkoms is elders op hierdie blog).
Die konstitusie van die NMG-KZN is ook goedgekeur (sien die artikel op hierdie blog wat die konstitusie bevat).
‘n Tweede byeenkoms van alle belangstellende gemeentes in KZN word gehou op Dinsdag 1 November 2011 te Pietermaritzburg.
By die tweede byeenkoms word aandag aan die volgende sake gegee:
- ‘n Boekbespreking van die volgende boek: Keifert, Patrick. 2007. Ons is nou hier, ‘n Nuwe era van gestuur-wees. Bybel-Media, Wellington. Ons beveel sterk aan dat almal wat hierdie byeenkoms bywoon, die boek sal bestudeer. ‘n Opsomming van die boek is elders op hierdie blog.
- ‘n Geleentheid vir gemeentes om hulle ervaringe te deel: by die eerste byeenkoms is gemeentes uitgedaag om soveel as moontlik Godsgesprekke in die gemeente en gemeenskap te voer. Hieroor asook ander ervaringe sal gedeel word.
Hiermee ‘n hartlike uitnodiging aan verteenwoordigers uit gemeentes in KZN om hierdie byeenkoms by te woon, al was julle nie by die eerste byeenkoms nie.
Ben van Dyk.
hI ENIGE UITKOMSTE NA GISTER SE VERGADERING ? LOFFIE
By: loffie on 1 November 2011
at 11:31 nm
Loffie, Ons het ‘n goeie byeenkoms gehad met ‘n baie goeie bespreking van die boek. Elke gemeente het ook geleentheid gehad om iets van hulle stories te deel.
Sodra die notule beskikbaar is, sal ek dit op hierdie blog plaas.
By: benvd on 2 November 2011
at 3:01 nm